Jy is ’n unieke mens met jou eie belangstellings, sportsoorte en kultuur.

FEDSAS is die nasionale verteenwoordigende organisasie van beheerliggame wat sy lede inlig, organiseer, mobiliseer en toerus om die hoogste internasionaal erkende onderwysstandaarde in openbare skole te handhaaf en uit te bou.

FEDSAS skop 2019 af met die veldtog #LekkeAnders. Die doel van die veldtog is om leerders van regoor Suid-Afrika te motiveer en om hul uniekheid en diversiteit te vier.

FEDSAS poog om elke leerder in Suid-Afrika te kry om hul eie stories te vertel en wat hulle anders maak as hul vriende en kennisse. Dit maak nie saak wat jou velkleur, jou ouderdom, jou belangstellings, jou kultuur of jou geloof is nie.



Vertel jou storie

Vertel jou storie oor hoe uniek jy is, maar dat jy tog beste vriende het wat anders is, met ’n video of ’n foto-plasing op jou Instagram of Facebook.

Gebruik die hutsmerke #LekkeAnders of #LekkeDifferent. Tag ook vir @FEDSAS in jou post.


Leerders vertel hul storie