• Aldo Walters is #LekkeAnders
    (geskryf deur Estean Herman) Hoe kan ek só ’n formidabele mens in ’n enkele skryfstuk beskryf? Ons vriendskap het in die jaar 2013 begin. Al is dit nie lank terug nie, voel dit al soos ’n leeftyd. Ek het in graad 6 as nuweling by Laerskool Swartland op Malmesbury in die Wes-Kaap ingekom. Tot my verbasing het Aldo en nog ’n paar van sy vriende my met ope arms ontvang. Hy het my dadelik laat welkom voel en van daardie dag af was ons soos vinkel en koljander. Ons het al baie hoogtepunte en laagtepunte gehad, al bitter baie vasgesit […]